Thursday 16 May 2013

Please have a look tonight (16 May) at 18:30 at my interview on "Kruiskyk channel" (DSTV).  (The repeat is tomorrow morning 8:30).  Hope you will enjoy it!


 Goeiedag Themba 


Net ‘n kort nota ter bevestiging dat die program Media Aktueel saam met Ds. Jannie Pelser, Donderdagaand 16 Mei om 18:30 op Kruiskyk uitgesaai word.  Daar is ook normaalweg ‘n heruitsending die Vrydagoggend om 8:30.  U kan ook die Donderdagaand op www.kruiskyk.tvonder Web TV op die internet die program om 18:30 kyk.

Ons wil u bedank vir u deelname en u voortgesette ondersteuning.

GRATIS KRUISKYK OP DSTV.

Dekodeerder instelling
§  Op die afstandbeheer, druk MENU.

Eerste skerm
§  Gaan na 7 – ADVANCED OPTIONS – en druk OK

Tweede Skerm
§  DISH INSTALLATION, druk OK. Sit dan die pin kode in 9949.
§  Gaan af met die pyltjie na NETWORK 2. Druk die linkerpyl totdat DSTV IS7 verskyn en druk OK.
§  Gaan af na 6, FREQUENCY en druk OK. Met die linkerpyl verwyder die ou kode en sit 11170 of 11674 as die nuwe kode en druk OK.
§  Gaan af na 7, SYMBOL RATE en druk OK. Met die linkerpyl verwyder die kode en sit 26652 as die nuwe kode en druk OK.
§  Gaan af na 8, FEV en druk OK. Druk dan die linkerpyl todat 5/6 verskyn en druk OK.
§  Gaan af na 9, POLARISATION en druk OK. Druk die linkerpyl tot VERTICAL verskyn en druk OK.
§  Gaan af na 10, USE NIT. Gaan links met die linkerpyl tot YES verskyn en druk OK.
§  Gaan na 11, ACCEPT ALL DISPLAYD VALUES AND LEAVE SCREEN. Druk OK.

Derde skerm
§  Gaan af na 3, NETWORK 3 en druk die linkerpyl tot DSTV IS7 verskyn en druk OK.
§  Gaan af na 6, FREQUENCY en druk OK. Verwyder die kode met die linkerpyl en sit die kode 12682 in en druk OK.
§  Gaan af na 7, SYMBOL RATE en druk OK. Verwyder die kode met die linkerpyl en sit die kode 26657 in en druk OK.
§  Gaan af na 8, FEC en druk OK. Druk die linkerpyl tot ½ verskyn en druk OK.
§  Gaan af na 9, POLARISATION en druk OK. Druk die linkerpyl tot HORIZONTAL verskyn en duk OK.
§  Gaan af na 10, USE NIT en druk OK. Gaan links tot YES verskyn.

Gaan af na 11, ACCEPT ALL en druk OK. Laaste skerm

Gaan af na 9, SCAN ALL NETWORK en kies OK. (Dit neem “n rukkie). Die gewone DSTV sal hierna op die skerm wys, op die afstandbeheer druk nou TV. Druk die op pyltjie tot u by die PUBLIC IS7 kom en druk OK. Gebruik die pyltjie om tot by Kruiskyk te kom.

ONS WIL GRAAG ‘N BEROEP DOEN OP ALLE PREDIKERS. STEL JULLE GEMEENTE ASSEBLIEF BEKAND AAN KRUISKYK. DIE KANAAL IS NIE AAN ‘N SEKERE KERK VERBAND GEKOPPEL NIE. EN BEREIK BAIE GESINNE WAT NOOIT IN DIE KERK KOM NIE. DIT IS TOT VOORDEEL VAN ELKE GEMEENTE. BAIE PERSONE WAT AL KRUISKYK GEKYK EN NA DIE HERE GEKOM HET SLUIT AAN BY KERKE.
HOOP JULLE SAL ONS KAN HELP
VIR MEER INLIGTING KAN U KRUISKYK BESOEK BY WWW.KRUISKYKTV.CO.ZA